Pages

1.5.11

What's in a name

Oumas is darem wonderlike goed, en as jy eers elke dan en wan by hulle kan gaan oornag, des te beter.

Die kersie op die koek is natuurlik as nog ander van Ouma se kleinkinders ook kom oorslaap en die niggies en nefies sáám die heerlikte van 'n kuier en slapie by Ouma kan geniet.

So iets is Klaradyn nie beskore nie – haar niggie en nefie is elkeen 'n paar jaar jonger as haar ma en niks anders as 'n onbekende oom en tannie uit die Kaap wat sy so een keer in drie jaar sien nie.

Ja, op ses het sy elkeen darem al drie keer gesien; en dan was die eerste keer tydens haar doop op enkele maande.

'n Maatjie van haar het wél van tyd tot die geleentheid, 'n geleentheid wat op een betrokke aand 'n heel uitsonderlike aand was. Die volle gegewens van die storie ken ek nie, dit het sinopties in enkele sinne by my uitgekom, so die detail kleur ek maar self in sonder om van die kern of geraamte af te wyk.

Dit kom daarop neer dat die een ouerpaar op pad na Ouma om die kleuter af te laai, gedink het dit sal goed wees as hulle Ouma se aand met die huis vol kleintjies makliker (en korter) maak met 'n video.

Maar dan is so iets mos nou die tipe ding waaraan jy op die laaste oomblik dink; julle is eintlik self klaar op die nippertjie van laat vir jou eie afspraak (en eintlike rede waarom die kinders by Ouma moet oorslaap) voor die gedagte jou in die motor tref.

Tyd vir kinders wat uitklim om die DVD te kies, is daar nie. Dit kon met my ook gebeur het: “Nee, bly sit julle in die kar, Pappa kry gou iets.”

Self het jy nie eers tyd om die titels op die rak te oorweeg nie. Jy dink trouens sommer so op die pad in aan titels van kinderflieks wat jy onlangs raakgeloop het wat jy weet jou kind nog nie gesien het nie. Oor watter fliek het jy die kinders hoor praat? Watter fliek neul jou kind al rukkie om ook te sien.

So val die lot die betrokke aand op Tooth Fairy wat 'n baie goeie keuse is. 

Almal wat hier lees het nie noodwendig op die oomblik kleuters of bietjie ouer kinders nie, en sal hierdie kinderfliek beslis nie noodwendig al gesien het nie. Die kort bekendstelling wat volg (deur 20th Century Fox geskryf) het ek by The Internet Movie Database
gaan opsoek:

Derek Thompson is 'The Tooth Fairy,' a hard-charging minor league hockey player whose nickname comes from his habit of separating opposing players from their bicuspids. When Derek discourages a youngster's hopes, he's sentenced to one week's hard labor as a real tooth fairy, complete with the requisite tutu, wings and magic wand. At first, Derek "can't handle the tooth" - bumbling and stumbling as he tries to furtively wing his way through strangers' homes...doing what tooth fairies do. But as Derek slowly adapts to his new position, he begins to rediscover his own forgotten dreams.
'n Lieflike fliek wat ons al twee keer met Klaradyn gekyk het. Ouers wat kinders in die Afrikaanse tradisie met stories oor 'n tandemuis groot maak, sal dalk 'n paar vrae moet beantwoord oor hoekom die kindertjies in die fliek 'n feetjie het wat geld in ruil vir 'n tandjie laat, terwyl hulle 'n muis het wat hulle tande kom haal, maar dis ook al en redelik maklik om te beantwoord.

Die ouma ter sprake in die oornagkuier van haar kleinkinders is later die aand ook maar al te bly oor die meevallertjie wat saam met die een gesin daar aangekom het. Sy is besig met pannekoek bak, dit het lank goed gegaan maar kinders se belangstelling taan ook maar na 'n rukkie, veral as daar so baie van hulle in die kombuis is, en dit met net een pan en ook maar min staanplek vir almal voor die oond.

Sy sit die DVD vir die kinders in die masjien, meng nog kaneelsuiker in die pot en bak verder aan haar pannekoeke.

Nog later die aand, toe dit slaaptyd is (eintlik lankal slaaptyd was) toe sit sy, hoogsomer, nie met 'n spul kleintjies onder op die grond in die Krismisbed wat sy vir hulle uitgepak het nie; nee, hulle is almal by haar op die dubbelbed, uiteindelik darem almal vas aan die slaap. Net sy wat in die middel pikwakker natgesweet lê en stoei met haar gedagtes en die kinders van haar se onverantwoordelikheid darem.

Want toe sy die sitkamer vroeër die aand met die bak stomende pannekoek ingestap kom, tref sy die kinders tjoepstil, oopmond en grootoog starend na die televisie aan.

Die vriendelike oom by die videowinkel het Pappa, op Pappa se eie versoek, voorsien van die fliek, in 2006 uitgereik, The Tooth Fairy


Dis 'n gans ander fliek as Tooth Fairy (sonder die The) wat in 2010 tot kinders die wêreld oor se vermaak uitgereik is.

Een van die niggies was meer opgewonde as die ander toe Ouma die fliek ingesit het – sy het die fliek al gesien gehad en kon nie wag om dit 'n tweede keer te sien nie.

Die eerste wat Ouma toe vra is of dit die fliek is wat sy saam met haar mamma en pappa gesien het. Waarop die koppie ontkennend geskud word, en dit toe ook min of meer presies die tyd is waarop elkeen van in trane uitbars en op Ouma se skoot wil kom sit.

Dis verbasend wat 'n verskil daardie lidwoordjie the aan 'n fliek wat jy ongesiens oor die toonbank neem,  kan doen.

By einste Internet Movie Database het drie anonieme gebruikers van die webwerf 'n sinopsis van The Tooth Fairy aangebied. The Tooth Fairy is nie wat nie, dis 'n riller met 'n moerse ouderdomsbeperking:

When 12-year-old Pamela goes on vacation with her family to a bed and breakfast, the girl who lives next door tells her the "true story" of the Tooth Fairy: Many years earlier, the evil Tooth Fairy slaughtered a countless number of children to take their teeth, and now she has returned to kill Pamela and anyone else who gets in her way. 

A young girl named Pamela on vacation with her parents finds herself being stalked by "The Tooth Fairy", who many years earlier brutally murdered numerous children for their teeth. Worse of all, Pamela has an accident resulting in her tooth falling out - The Tooth Fairy is back and is willing to kill anyone and anything in her path to get to Pamela... 
A young girl staying at a Bed & Breakfast with her mother and her boyfriend, find themselves and several others fighting for their lives against "The Tooth Fairy" - an evil witch who murdered children years before who is determined to get to Pamela after an accident with her tooth, willing to kill anyone and anything in her path...




No comments: