Wat 'n vreugde was dit nie toe Klaradyn halfpad oppad huis
toe omdraai en vervaard in haar tas begin krap nie – sy het 'n nuwe graad 1-leesboek
en wil dit uitkry om met my te deel.
Hierdie vreugde verdubbel sommer toe ek die titel van die
leesboekie wat sy uitruk so in die bestuur met die een oog raak lees: 'n Nuwe
Trap der Jeug.
Weliswaar nie Trap
der Jeugd nie, 'n nuwer Trap der Jeug,
maar dit is en bly 'n stokou boek!
En die skool het hom nie einde ’83 toe hy laas gebruik is, weggegooi
nie!
Ook nie einde 1994 toe alles wat goed en reg was, skielik
sleg en verkeerd geword het nie.
En die skool is nie bang of skaam om hom in 2011, na al die
jare, weer vir graad 1’s uit te deel nie!
Hulle wil die kinders so veel as moontlik leesgeleentheid
bied. Hulle hét dit reeds gedoen, hulle dóén dit reeds 'n geruime ruk
nou al, en as dit beteken hulle moet in die argief krap om daarmee vol te hou,
dan doen hulle dit.
Die motief en dryfveer agter die uitdeel van die boek is
dalk anders as wat ek hieraan toedig, maar dit maak nie saak nie; my
interpretasie is ook 'n invalshoek wat geldig is.
Ek salueer daarom ook die leerkrag agter die besluit om Baas
en Mossie uit te deel.
Ek dog aanvanklik ek gooi die motor om toe ek sien die boek
is laas in ’83 uitgedeel! En toe gooi ek inderdaad amper die kar om toe ek drie
oudleerlinge name herken!
Kan jy glo!
Wat 'n heerlikte!
Rochelle Kemp (1980) se gesig sien ek voor my, al het ek
nooit vir haar skool gehou nie. Vir Inus se sussie, Talita Daneel, het ek nie
skoolgehou nie, wel vir haar man. En dan sien ons mekaar gereeld in Waverley
Square.
Dan is daar Franz Jonker (1983). Vir die gesin se seuns het
ek by CR Swart én Menlopark skoolgehou.
Die boek bring nie net wonderlike herinneringe aan my eie
skooldae nie, maar sommer my skoolhoudae ook!
En wat doen Klaradyn, eers by die huis gekom?
Sy gaan maak haar tuis op die porseleintroon en lees.
Ek gaan loer in (al weet ek presies wat sy doen – sy klank
mos hardop) en laat val: “Ons moet tot
by bladsy 9 lees, maar ek gaan hom nou klaar lees.”
Ek loer en sien sy trek al op p. 12.
Sy lees steeds. Sy lees hardop. Sy vertolk.
Sy geniet elke oomblik.
Sy geniet hierdie boek beslis die meeste van al die baie wat
sy al hier aangebring het. (Dit verklap iets van die ou dae se manier van doen.
En die ou dae se beter weet in heelparty opsigte.)
Sy lees die boek in die kamer klaar en sluit by my aan met
die woorde: “Pappa dis 'n verskriklike
oulike boekie!”
'n Nuwe Trap der Jeug
het ons huis 'n leeservaring gegee wat ons nog nie voorheen van die skool
af gebring het nie.
Ek wil nog iets inwerk van a small trap der jeugd vir Klaradyn; a huge step vir onderwfrika,
maar ek weet nie waar en hoe nie, so ek sluit maar liewer af. Miskien kan ekm daarmee wegavl,
No comments:
Post a Comment