Ons het toe nou vandag die een van die stopstraat getref. Daar is baie van die stopstraat. Die een wat ons vandag getref het is die een wat wys dat as jy een maal oor 'n stopstraat ry sonder om te stop en jy word nie gevang en beboet nie, beteken dit nie almal kan nou maar ry en stopstrate ignoreer nie, nie eers jy nie – ‘n stopstraat is 'n stopstraat en daar’s 'n wet wat jy sê jy moet daar stop.
Ek het, om my punt te bewys, selfs twee stopstrate op pad kerk toe ignoreer en gewys ek word nie gevang nie, maar ook probeer uitwys wat kan gebeur as al die motoriste nie sou stop nie.
En dit alles as gevolg van die spa-partytjie waar die meisies was.
Ook nie 'n spa-partytjie soos in 'n Barbie- of Lion King-temapartytjie nie, maar 'n partytjie wat 'n besoek aan 'n spa insluit.
Soos ek dit het is nege of tien girls hier in 'n spul motors na die een of ander dagspa toe.
Klaradyn vertel van 'n rugmassering wat dan o, so heerlik was. As sy verjaar wil sy hê dat sy en ek en haar ma by 'n spa sal inboek om bederf te word. En nee, sy is nie snaaks nie, sy is ernstig. En net so in touch with my femenine side wat ek is, net so totaal out of touch is ek as dit kom by selfs net naskeerlaventel en harekam.
Dan loop sy ook te koop met komkommer op die oë.
En dan die manikuur.
En dan is dit ook nou dié manikuur wat my vanoggend oor twee stopstrate had.
Ek sê ook nou manikuur maar al wat ek daarvan sien is tien pienk naeltjies – so 'n bling-bling pienk wat vir Klaradyn al te wonderlik is.
Gister al laat val sy by my dat sy Maandag so wil skool toe. Ek sê dat sy wel met die naels mag Sondagskool toe, maar so skool toe gaan, is buite die kwessie.
En geen haan kraai nie. Dis nou tot vanoggend, Sondagoggend, knap na 08:30.
Ek is lankal op, maar die twee girls is stewig in droomland.
En toe die hanegekraai – ook nie hanegekraai nie, eerder die geteem van 'n kat in 'n kattekoor. Ek gaan vra wat dit is met die gesanik en getjank die oomblik dat 'n prinsessie haar oë oopmaak. En ek kry by Mamma die antwoord dat die groot ongelukkigheid verband met hou met die feit dat die prinses met haar gepolitoerde naels wil skool toe.
Haai, en as ek 'n dogtertjie was, en ek was 6, en ek het pas my eerste besoek aan 'n dagspa gehad, sou ek ook met my Bollywood-pienk naels wou klas toe.
Mamma Annieka maak ook geen geheim daarvan dat ook sy presies verstaan hoe Klaradyn voel nie, en dat sy selfs, soos Klaradyn, soos Pappa, ook met pienk naels sou wou skool toe gaan.
Maar dit kan nie – dis teen die skool se reëls in.
En dis toe dat ek besef hoe ontsettend vreeslik dit moet wees om 'n laerskool juffrou te wees wat ons word kermend konfronteer met die volgende: “Maar Joekie het eendag met geverfde toonnaels by die skool aangekom, en Juffrou het niks gedoen nie!”
Arme Juffrou! Sy het tien teen een nie eens 'n oog op Joekie se tone gelê nie, maar op die een of ander manier het 'n hele klas se dogtertjies daarvan bewus geraak – en nou sit ons in 18 verskillende huishoudings met dogtertjies wat tot die slotsom gekom het dat dit aanvaarbaar is om die reëls te verbreek en met geverfde naels skool toe te kom – bloot oor Juffrou niks gesê het nie.
Ek het Joekie verlede jaar tydens skoolure op die vooraand van die graad 0-afsluitingskonsert gesien en dit verbaas my geensins dat sy met geverfde toonnaels skool toe kom nie. Ek sê ook ek het haar gesien, ek het haar nie gesien nie, maar sal die bos hare wat in krullers groter as toiletrolle opgerol was en so opgetert skool toe gestuur is, in my ganske lewe nooit vergeet nie.
En oor dié kind met toonnaels vol cutex skool toe gekom het en skotvry sonder enige vorm van aanmaning of straf daarvan afgekom het, wil Klaradyn nou met blinkers op haar naels skool toe.
Ek is nie iemand wat reëls klakkeloos en blindelings navolg en eerbiedig nie – as dit nie vir my sin maak nie, bevraagteken ek dit, en ek daag dit uit.
Agter enige skoolreël wat sê dat graad 1- dogters nie met geverfde naels mag skool toe kom nie, gooi ek egter my volle gewig in.
Want om my kind met geverfde naels skool toe stuur sal ek nooit nie. Ook nie Annieka nie.
En Klaradyn weet van die skoolreël, sy het daarmee trouens nie 'n probleem nie. Sy kan net nie verstaan hoekom ons by die reël wil hou as ander maatjies se mammas en pappas dit nie doen nie, en daarmee wegkom.
En dis op hierdie punt dat ek my toe maar tot die stopstraat wend. As Joekie eenmalig kon wegkom sonder straf, beteken dit nie die reël is van die baan af nie, beteken dit nie almal kan nou doen wat hulle wil nie.
Ek wil dit nog verder vat: as ons jou toelaat om die reëls te verbreek dan maak ons jou groot, dan programmeer ons jou, dat dit o.k. is om eendag reëls te verbreek.
Maar ek doen dit nie, want netnou gaan vertel Klaradyn vir Joekie dat ek reken haar Mamma en Pappa is 'n slegte Mamma en Pappa wat hul dogtertjie verkeerd groot maak.
Iets moes egter iewers inslag gevind het, wat toe ek rondom aandete gaan vra of ek maar kan skep, spoor ek vir Mamma met die naellakverwyderaar in haar hand op die bad se rand in die badkamer op. Egter nie haar eie naels wat sy daarmee en 'n watte bykom nie; wel Klaradyn se pienk spatseltjies wat soos skapies der slagting deur die asetoon uitgedoof, verdoof en verdof word.
Grootword is nie lekker nie. Kinders groot maak, ook nie altyd nie.
Ag, en dan is ek mos maar lief vir fabels. Vergeef my. Die hele gebeure en ons hantering van die saak herinner my dan ook aan die volgende fabel van Esopus en ek is bly dat ek Annieka wel opgetree het soos ons het:
A boy who was carrying his teacher's writing tablet stole it and brought it triumphantly home to his mother who received the stolen goods with much delight. Next, the boy stole a piece of clothing, and by degrees he became a habitual criminal. As the boy grew older and became an adult, he stole items of greater and greater value. Time passed and the man was finally caught in the act and taken off to court where he was condemned to death: woe betide the trade of the thief! His mother stood behind him, weeping as she shouted, 'My son, what has become of you?' He said to his mother, 'Come closer, mother, and I will give you a final kiss.' She went up to him, and all of a sudden he bit her nose, tugging at it with his teeth until he cut it clean off. Then he said to her, 'Mother, if only you had beaten me at the very beginning when I brought you the writing tablet, then I would not have been condemned to death!'
Die lessie wat aan die einde van een van die twee klassieke, antieke Griekse tekste wat ons van hierdie fabel het, uitgespel word, kom neer op:
This is what the story tells us: if you are wise, you will tear out vice by the roots, in other words, at the very beginning of sinfulness and other wickedness, so that the severing of the root will cause the branches to wither away.
In die ander vorm is dit egter nie die ma se neus wat afgebyt word nie, maar haar oor. Hierdie weergawe werk vir my beter omdat ons dan die suggestie kan kry dat hy haar sy woorde in die oor fluister, en toe oorgaan tot die monsteragtige verwyt:
A BOY stole a lesson-book from one of his schoolfellows and took it home to his Mother. She not only abstained from beating him, but encouraged him. He next time stole a cloak and brought it to her, and she again commended him. The Youth, advanced to adulthood, proceeded to steal things of still greater value. At last he was caught in the very act, and having his hands bound behind him, was led away to the place of public execution. His Mother followed in the crowd and violently beat her breast in sorrow, whereupon the young man said, 'I wish to say something to my Mother in her ear.' She came close to him, and he quickly seized her ear with his teeth and bit it off. The Mother upbraided him as an unnatural child, whereon he replied, 'Ah! If you had beaten me when I first stole and brought to you that lesson-book, I should not have come to this, nor have been thus led to a disgraceful death.'
'n Derde variasie en verwerking – lankal nie meer klassiek nie, vertel die storie só:
A Schoolboy stole a horn-book from one of his schoolfellows, and brought it home to his mother. Instead of chastising him, she rather encouraged him in the deed. In course of time the boy, now grown into a man, began to steal things of greater value, until, at last, being caught in the very act, he was brought to the Judge and sentenced to be hung. As he was being led to the scaffold, the mother bowed herself to the ground with grief. A neighbor seeing her thus, said to her: "It is too late for you to moan and sob now. If you had been as much grieved when he committed his first theft, you would have corrected him in time, and thus have saved yourself this sorrowful day."
Nip evil in the bud.
No comments:
Post a Comment