As ek 'n dogtertjie was, wat 7 geword het, soos Klaradyn
gister, dink ek dat ek 'n dogtertjie sou wees wat kan terugkyk op 'n heerlike
verjaarsdag.
Met 'n mamma soos Mamma Annieka spring so verjaarsdag sommer
vroeg in. Ligte geselsies rondom die onderwerp dateer uit April; ernstige
geselsies skop Junie in.
Vanaf begin Julie is alles in plek en gefinaliseer – ons wag
net vir die aftelling om om en by 15 Augustus te begin.
Vanjaar was dit vroeg duidelik: ons gaan nie vanjaar 'n groot partytjie hê
nie.
Dit het toe dadelik Klaradyn en 'n maatjie by die dieretuin
geword.
Die maatjie het
met verloop van tyd 'n –s bygekry.
En toe ons weer sien, toe vang Klaradyn ons met die een
waarmee ons haar 'n klompie jare gevang het: op 4 kon sy vier maatjies kry, op
5 was dit vyf.
So sewe van hulle is toe Saterdag dieretuin toe. Met nie
minder nie vyf oppassers.
Ons gesin kuier gereeld in die dieretuin en ek het spoedig
tot die gevolgtrekking gekom dat 'n besoek aan die dieretuin darem baie
lekkerder is in 'n groepie maatjies wat pouses saamspeel, as saam met 'n ma en
'n pa.
Die gholfkaretjies is vir twee ure
ingespan, toe het ons op die gras plat geval vir 'n piekniek.
Na die piekniek wou die oues omval
vir 'n slapie, maar die jonges het begin wegkruipertjie, hardlopertjie, en
rondhol-in-elke-denbare-rigting-tjie begin speel. En skielik was vyf oppassers
te min om 'n ordentlike ogie oor sewe graad eentjies te hou.
Maar hulle het dit geniet. Soos ek
dit het, het die een maatjie dit so geniet dat sy die gesin die volgende dag
weer daar had.
'n Ander, wat saam met my gery het
toe ons huis toe is, het laat val dat sy wonder wat die kanse is dat hulle die
volgende dag na kerk weer daar 'n draai kan gaan maak.
Ons merrieperd het soos 'n ou
uitgeputte karperd op die bed neergeslaan en aan die slaap geval.
Van Sondag se kolwyntjies het ek
reeds vertel.
Maandag kry ons toe nou die
klaspartytjie se pakkies in plek. 'n Koeldrankie en lekkertjies met biltong en
droë
wors vir 'n lekker afwisseling. En dan nou die kolwyntjies.
Maandagoggend toe word die
meisiekind wakker gesing deur Mamma en Pappa.
Tannie Bev sing oomblikke later
uit Kampsbaai oor die foon vir haar Engels.
Sy kry is seëlringetjie
met KLARIE daarop graveer van die ouerpaar.
Met Ouma Nooi (langs wie se
sterfbed ek nou hierdie sit en tik om my gedagtes rustig te hou) se debietkaart
het ek drie storieboeke gekoop. En sy het dit ook gekry.
Ons het maar dat Annieka voor in
skryf(... )
Ag, siestog, want toe sterf my ma
twee minute later, maar meer daaroor later.
By Ouma Wiesie gekom, na die
lekker wakkerword, wag daar toe knap na 06:00 'n tros ballonne by die voorhek
om die herdenking van die kind se geboortedag luidkeels in skel kleure aan te
kondig.
En etlike meters verder, by die
voordeur hang “HAPPY BIRTHDAY” uitgespel.
By daardie huis lyk dit of
Kersvader se slee met 'n eerste besending Kersfees 2011-geskenke op pad
Noordpool toe, gebreek het – boeke en poppe en poprokke en nog boeke. En nog.
En dit alles tussen 06:00 en 07:00
'n Bietjie later is Pa by die
skool om die kosmandjie af te laai. Verjaarsdagmaatjies kom in gewone kleure
skool toe, en ek hou haar lank van die hek af dop. 'n Gelukkige blondekop in
pienk wat hol en jol en elke oomblik geniet.
Ek het, toe die juffrou by die
klas aansluit knap voor die klok lui. 18 hande om te help dra. 18 hande vir een
skinkbord, en nog 18 hande vir die boks met eetpakkies. Hoe hulle nie oor
mekaar geval het nie, hoe hulle alles in een stuk uiteindelik tussen die tafel
en stoele deur, agter in die klas gekry het, weet ek nie en is suiwer genade.
Die verdere verloop ken ek nie,
maar alle boodskappe dui daarop dat dit 'n lieflike klaspartytjie was.
Na skool kom kuier Tannie Esme met
haar tradisionele verjaarsdagkoek – vanjaar 'n groot 7 met dolfyne.
Liezel van oorkant die straat kom
sluit by ons aan en huispartytjie saam.
Toe bring Petri sy blom, en nou
het ons 'n huis vol mense met stemme en gelag en vrolike speel.
Met die laaste van ons gaste weg,
is ons deur na Ouma en Oupa vir 'n gesinsete met Oom Erik en Tannie Nettie wat
by ons aansluit.
Die kind val in die kar aan die
slaap, voor 20:00 op pad huis toe.
En toe weer oor die storie wat
Mamma lees.
Maar daarvan moet Mamma my vertel,
ek het dadelik deurgeskiet na Ouma Nooi toe om te sien hoe dit daar gaan.
En afskeid te neem, sou dit toe
nou gister 13:30 blyk, want by haar positiewe het sy my nie weer, en ek haar
nie weer, gesien nie.
Nou het ek nie meer drie vrouens
om my lewe te oorheers nie, maar net twee.
En dit sal steeds een vet lekkerte
wees en bly.
No comments:
Post a Comment