Dit was vanoggend vir my op ‘n ander manier as gewoonlik lekker om wakker te word, aan te trek en vir opleiding in die stad te gaan. ‘n Maatjie van Klaradyn, en die maatjie se twee sussies, die een jonger as Klaars; die ander ouer, se Pappa het die vorige oggend nie wakker geword nie.
My ingesteldheid, dankbaarheid en waardering was daarom anders as die vorige oggend toe ek moes op en aantrek en infoeter stad toe.
My graad 2-kind het my voorts twee keer ge-SMS terwyl ek met die kursus besig was. Sy het maar hierdie vakansie eers begin BBM en SMS en foto’s aanstuur na mense toe – op Ma se telefoon, natuurlik. Em vandag toe kommunikeer sy oor ‘n afstand heen met haar pa.
Sy weet nie hoe gelukkig sy is nie – ek kan aan drie dogtertjies dink wat wát sal wil gee om net nog een keer vir hul pappa ‘n SMS te kan stuur, maar daardie geleentheid sal hom nooit weer voordoen nie.
Met dieselfde ekstra en anderste gevoel van blydskap en geluk waarmee ek my dag begin het, sluit ek hom dan nou vanaand ook af – maar oor iets anders hierdie keer, as die blote dank en waardering vir die feit dat ek nog in die lewe is.
Die inherente goedheid van die mens, die ekstra spesiale goedheid van party ander mense, is wat die bloed vanaand soos vonkelwyn deur my are stuur.
Dit, en dan nou ook Driesie, A.G. Visser se Driesie, die strandlopertjie, die een van die binneland wat in Maartmaand na die strand kom:
Die strandlopertjie
Driesie van die binneland
Kom in Maartmaand na die strand -
O die koele heerlikheid,
O die koninklike tyd!
Hy was daar geen week gewees nie
Of hy had g'n watervrees nie.
Denkend aan sy water-reg,
Raak hy soos 'n groot speld weg.
Mammie wis nie beter as
Dat hy in die huis nog was;
"Maar die stilte is nooit pluis nie:
Dries is nooit meer by die huis nie."
Hier gesoek en daar gesoek,
Elke draai en elke hoek -
Van die soek kom niks tereg:
Dries was sommer baie weg!
Skrik sy haar nie byna grys nie?
Wat maak angs 'n mens nie wys nie!
Byna buite haar verstand
Snel sy na die waterkant -
"Klaar verdrink en koud soos ys,"
Maak die duiwel haar al wys;
Onderwyl speel hy met sandjies -
Witte seesand in sy handjies.
"Dries, jou liefste kleine bees,
Waar was jy so lank gewees?"
Vra sy met ontroerde stem.
"Mammie, ek het gou gaan swem."
"Tog nie met jou broek en baadjie?
Tog nie met geen enk'le draadjie?
Jy alleen? In vredesnaam!"
"Nee, met ander kinders saam."
"Watter ander kinders, Dries?
Was dit seuns of meisietjies?"
"Mammie, ek weet self nie wat nie:
Hul't nie kleertjies aangehad nie!"
Dis meer as twaalf jaar dat ek na die gedig hunker, seker agtien jaar, as dit nie meer is nie.
Driesie van die binneland
Kom in Maartmaand na die strand -
O die koele heerlikheid,
O die koninklike tyd!
Hy was daar geen week gewees nie
Of hy had g'n watervrees nie.
Denkend aan sy water-reg,
Raak hy soos 'n groot speld weg.
Mammie wis nie beter as
Dat hy in die huis nog was;
"Maar die stilte is nooit pluis nie:
Dries is nooit meer by die huis nie."
Hier gesoek en daar gesoek,
Elke draai en elke hoek -
Van die soek kom niks tereg:
Dries was sommer baie weg!
Skrik sy haar nie byna grys nie?
Wat maak angs 'n mens nie wys nie!
Byna buite haar verstand
Snel sy na die waterkant -
"Klaar verdrink en koud soos ys,"
Maak die duiwel haar al wys;
Onderwyl speel hy met sandjies -
Witte seesand in sy handjies.
"Dries, jou liefste kleine bees,
Waar was jy so lank gewees?"
Vra sy met ontroerde stem.
"Mammie, ek het gou gaan swem."
"Tog nie met jou broek en baadjie?
Tog nie met geen enk'le draadjie?
Jy alleen? In vredesnaam!"
"Nee, met ander kinders saam."
"Watter ander kinders, Dries?
Was dit seuns of meisietjies?"
"Mammie, ek weet self nie wat nie:
Hul't nie kleertjies aangehad nie!"
Dis meer as twaalf jaar dat ek na die gedig hunker, seker agtien jaar, as dit nie meer is nie.
Hy het my pad, een keer, in ongeveer 2003, weer gekruis – maar ek het hom laat gaan, en dit was nie lank nie, toe hunker ek weer na hom.
Ek het die gedig die laaste drie jaar of so by herhaling ge-google, maar die sterkste verwysings na die gedig was waar internetgebruikers navraag doen na die woorde van die gedig. En ek het besef ek is nie al een wat na die gedig se bekoring verlang nie.
Ek het die gedig iewers op laerskool memoriseer, dit was nie vir ‘n kunswedstryd of spreekkoor of so iets nie; dit moes suiwer vir die lekker of ter wille van die beoefening van memorisering gewees het.
42 jaar later het ek ongelukkig heelwat grepe vergeet, meer as wat ek aanvanklik vermoed het.
My “hunker na” het toe verlede week omgesit in ‘n “soek na”, ‘n “soek redelik naarstiglik en dringend na.”
Ek wil dat Klaradyn vir die kunswedstryd vertolk – ja, ‘n mens kan deesdae kies watter gedig op prosateks jy vir die kunswedstryd wil doen.
Ek het my “parafrase” van die gedig al so baie met Klaradyn gedeel, dat sy glad nie ongeneë is met die gedagte om hom voor te berei nie.
Maar Pappa het nie die gedig nie. Die plaaslike biblioteek ook nie. En hoe kom ek by die universiteitsbiblioteek in? En waar en hoe spoor ek die gedig op as ek eers daar in is. Ek was nie eers 100% seker of dit wel A.G. Visser is wat die gedig geskryf het nie.
Nadat ek my telefoonkontrak voor die vierde van die maand bykans uitgeput het, het ek oorgeskakel na SMS’e toe.
Ek het voelers uitgesteek op FB.
Ek is twee keer bure toe dat hulle by hulle ouers kan uitvind. Ek en ‘n oom van in die tahtig het ons grepe vir mekaar oor die foon opgesê, maar ons het altwee geweet dat tyd aan ons onthou gekalwe het, ons ken maar net ten dele.
Ek het universiteitsdosente, die een het ek in 1986 laas gesien, die ander slegs een keer na 1986, opgesoek. Maar tevergeefs.
Toe raak ek desperaat en ek gaan soek onder my vriende se vriende of ek nie daar name van bekendes opspoor wat ek meen strakkies dalk net sal kan help met die woorde van die gedig nie.
Dis voorbarig, dis vermetel, maar die doel heilig die middel.
My geloof in die Afrikaner, maar veel meer as net die taal- en kultuurgroep – eerder my geloof in die ganse mensdom, berus nie meer op geloof nie, my geloof is is vervang met ‘n helder en duidelike seker wete: die mens is goed, die mens is in sy diepste wese veel beter as wat ons ooit kan vermoed.
Dit was nie ‘n uur nie, toe het ek, na al my oproepe en e-posse en SMS’e, vanuit twee oorde die woorde van die gedig wat my so lank nou al ontduik.
En ek wil die mense wat my van geen kant af ken nie by die naam noem – my getuigskrif rondom die goedheid van die mensdom, is immers getuigskrifskrywing wat hulle moontlik gemaak het. Nie een van die twee sal omgee as ek hulle by die naam noem nie. Maar ek sal nie – netnou maak ‘n leser van hierdie blog van hul goedheid misbruik wanneer die betrokke leser geld soek om oorsee te gaan vakansie hou.
Stel jou voor, ‘n wildvreemdeling teister jou via FB met die volgende onaf, kortaf boodskap:
Ek is desperaat. Het hierdie versiemaker nie dalk toegang tot die woorde van die volgende gedig waarna ek 'n geruime tydjie al soek nie:
Klein Driesie van die binneland
kom in Maartmaand na die strand,
o die koele heerlikheid,
o, die koninklike tyd.
Hy was daar geen week gewees,
of hy raak soos 'n groot speld weg.
Hier gesoek en daar gesoek,
elke draai en elke hoek,
maar Dries is sommer baie weg. ????
?????
Klaar verdrink en koud soos ys,
maak sy moeder haar al wys.
Denkend aan die water???
snel sy na die waterkant.
Onderwyl speel hy met sandjies,
sagte seesand in sy handjies.
Dries jou liefste stotste bees,
waar was jy so lank gewees!?????
Was Hulle seuntjies of dogtertjies?????
Ek weet nie, hulle het nie kleertjies aangehad nie.
Klein Driesie van die binneland
kom in Maartmaand na die strand,
o die koele heerlikheid,
o, die koninklike tyd.
Hy was daar geen week gewees,
of hy raak soos 'n groot speld weg.
Hier gesoek en daar gesoek,
elke draai en elke hoek,
maar Dries is sommer baie weg. ????
?????
Klaar verdrink en koud soos ys,
maak sy moeder haar al wys.
Denkend aan die water???
snel sy na die waterkant.
Onderwyl speel hy met sandjies,
sagte seesand in sy handjies.
Dries jou liefste stotste bees,
waar was jy so lank gewees!?????
Was Hulle seuntjies of dogtertjies?????
Ek weet nie, hulle het nie kleertjies aangehad nie.
MAAR DIS WAT EK VAN 1971 AF ONTHOU!
Is dit nie vreeslik nie! Ek kry sommer skaam. Maar ek was heeldag weg vir opleiding, ons het vier oorslaapgaste wat kom kuier en ek moet nog kos maak en beddens regskuif. Én dan moet ek nog my kind se kunswedstrydgedig in die hande probeer kry.
So ek stuur die boodskap wat die slegste advertensie denkbaar van myself is.
En dis nie ‘n uur nie, toe het ek dit – ek glimlag van oor tot oor, my kind glimlag van oor tot oor.
Dis eintlik ongelooflik.
Ek is trots daarop om ‘n mens genoem te kan word, ek is nie skaam om mens te wees nie.
My vertroue in ons mense, én my vertroue in onse mense, hierdie dam se eende, is herstel.
Ek het summier weer my google-pad gaan opsoek en die gedig gaan aflaai, daar waar mense na die gedig gevra het, maar dit gaan, in die een geval, so ver terug as 5 jaar gelede.
Baie dankie julle wonderlike mense. Baie dankie ook namens die mense wat ek ook nie ken nie en vanaand die antwoord op baie ou vrae gekry het.
Rk vertrou ek het eendag die voorreg of geleentheid om iets soortgelyks vir iemand anders te beteken as ek deur ‘n wildvreemdeling op FB, of elders, geteister word.
En ek hoop dat elkeen wat hier lees deur my weldoeners inspireer sal wees om hom- of haarself soortgelyk te gedra.
No comments:
Post a Comment