Dat ‘n Peruviaanse beskawing sowat 3000 jaar gelede, selfs
nog voor die vestiging van die Inka-kultuur, suksesvolle mediese prosedures wat
ons breinoperasies sou kon noem, uitgevoer het, het ek in 1981 te wete gekom. Ek het selfs menslike skedels wat as bewys kon dien dat die operasies uitgevoer is, en met sukses, omdat die mense duidelik bly leef en die wonde herstel het, gesien.
Daar was ʼn gasuitstalling van die privaat museum, Museo oor del
Oeru, in Lima by die Johannesburgse Kunsgalery. Ek was in standerd 9 en moes op
ʼn manier daarvan te wete gekom het want ek het my ma so ver gekry om ons Joubert
park toe te neem om dit te gaan besigtig.
En het ons dit geniet! Daar was ʼn katalogus beskikbaar, Oro
del Peru – Peru se goue rykdom/Peru’s golden treasures, en Judy het een vir
ons aangeskaf. Waarom en hoe ek van die ding ontslae geraak het, weet ek nie –
dit was sowat 15 jaar gelede nog in die boekrak, maar het beslis nou voete
gekry.
In 2001 het die museum se aansien ʼn lelike knou gekry. Daar
is bevind dat so veel as 85%, ander bronne sê selfs 96% van die museum se metallurgiese
items (hoofsaaklik goud en bietjie silwer) vervalsings of replikas was.
Ag siestog, dis nie wat ek vanoggend wou lees toe ek ʼn internetsoekenjin
met die trefwoorde “Oro del Peru” belas het nie.
Maar, nou ja, ons is daardie jare maklik ʼn rat voor die oë
gedraai.
Ek was gefassineer en het ʼn tweede keer gegaan.
Dit was algemeen om van Alberton met die bus deur te skiet
Johannesburg toe. Die bus het jou in Pritchard straat oorkant die Hooggeregshof
afgelaai.
Ek is gereeld van daar kunsgalery toe. Jy het afgestap in
die rigting van End straat en links gedraai in Von Wieligh straat. Dit het ʼn paar
strate verder Klein straat geword en dan was dit nog ʼn blok of wat en jy was by
die kunsgalery.
Van daar is jy langs Joubert park op in die rigting van
Hillbrow. Het jy die naweek reg gekies, dan was daar “Art in the Park” – ʼn maandelikse
opelug kunsuitstalling soortgelyk aan die een by die Johannesburg
Dieretuinmeer. Nou is jy ʼn katspoegie van Bok straat af, daar was ʼn winkel wat
spesialiseer het in kunsbenodigdhede. Dís waar jy daardie jare jou verf,
linomessies en dinge gekoop het.
Die kunsgalery self was al die jare in een opsig een groot
siestog – hulle het hom agterstevoor om gebou. Wat vorentoe moes kyk, in
Joubert park se rigting in, kyk toe agtertoe – in die treinspoor vas. En die
gebou se gatkant het uitsig op Joubert park.
Sir Edward Lutyens, in sy tyd en later na verwys as "the
greatest British architect", het die galery in Londen ontwerp. Of dit dáár
of hiér was, weet ek nou nie meer nie, maar iewers was daar ʼn misverstand, ʼn groot
misverstand, en die gebou is amper ʼn honderd jaar gelede (99 om presies te
wees) agterstevoorom op die grens van Joubert park neergesit.
Dis maar eers in 1986 dat ʼn poging aangewend is om ʼn voorkant
aan die agterkant te kry. En dit was ʼn goeie poging. (Die argitekte wat
betrokke was, se oorsig is hier,
maak ook seker jy kyk na die foto’s.)
Ek was toe op universiteit en het nie meer so gereeld daar
gekom nie, trouens glad nie. Ons is gister, Annieka en Klaradyn vir die eerste
keer, en ek, vir die eerste keer in amper 20 jaar, deur Johannesburg kunsgalery
toe.
Ek wou Klaradyn al Desember neem, maar die dag wat ons
deurgeskiet het Johannesburg toe, was net te vol ander opwindende
museumbesoeke, die kunsgalery moes wag tot gister.
Die graad 4's is voor die vakansie Pretoria kunsmuseum toe. Klaradyn het effe teleurgesteld terug gekom.
Deels omdat hulle in rye moes beweeg, en nie eers saaam met hulle maatjies nie. (Ek is 'n onderwyser - dit maak vir my perfekte sin.)
Grotendeels egter oor die oom se reaksie toe sy, nogal in Engels, vir hom vra waar hulle Da Vinci- skilderye hang. Hy het hulle glo net ses skilderye gewys, elkeen in 'n ander saal, en dit was, soos sy dit stel, "only South-African artists."
Die graad 4's is voor die vakansie Pretoria kunsmuseum toe. Klaradyn het effe teleurgesteld terug gekom.
Deels omdat hulle in rye moes beweeg, en nie eers saaam met hulle maatjies nie. (Ek is 'n onderwyser - dit maak vir my perfekte sin.)
Grotendeels egter oor die oom se reaksie toe sy, nogal in Engels, vir hom vra waar hulle Da Vinci- skilderye hang. Hy het hulle glo net ses skilderye gewys, elkeen in 'n ander saal, en dit was, soos sy dit stel, "only South-African artists."
So ons is deur om die groot en bekende name te sien. Ek het darem onthou van die El Greco wat 'n ruk gelede daar uitgedra is.
Die Picasso, wat destyds so 'n oproer veroorsaak het toe Johannesburg dit teen so 'n buitensporige bedrag aangekoop het, sou eerste wees. Dit het daardie jare agter so groen blinder gehang. En as jy wou kyk het ʼn oom die blinder gelig.
Die Picasso, wat destyds so 'n oproer veroorsaak het toe Johannesburg dit teen so 'n buitensporige bedrag aangekoop het, sou eerste wees. Dit het daardie jare agter so groen blinder gehang. En as jy wou kyk het ʼn oom die blinder gelig.
Ek wou haar Rodin se Lady Fairfax wys. Ek wou stout wees –
ek wou haar voor die beeld staan maak en haar aanspoor om liggies met haar hand
oor die vrou se sagte melkwit gelaatstrekke te streel. Nie dat ek dit regtig
sou doen nie. Dis net dat die vrou se ewigdurende jong gelaat ʼn mens (of is dit
net ek?) altyd aanspoor om presies dit te wil doen.
O, liewe hemel! Watter mors van kosbare vakansietyd! Watter
teleurstelling!
Vergeet die verval van Johannesburg se sentrale sakekern –
ek het vooraf geweet ek plaas my gesin se veiligheid op die spel om enigsins
daar te wil in met hulle. Maar ek was bereid om ʼn martelaar vir die skone
kunste te wees en die risiko te loop.
Art in the Park - gister en vandag |
Ag, liewe hemel, die galery self het net so agteruit gegaan
soos sy omgewing.
Hele vertrekke was leeg – en nee, dit was nie ʼn wisseling
van uitstalling of die een of ander vreemde installasie waar jy na wit mure
moet kyk nie, daar was bloot net niks.
En dan verwys ek ook nie na die huidige Stephen Hobbs-installasie
in ʼn deel van die museum wat jy op eie risiko betree omdat dit ernstige
renovasie moet ondergaan nie. Dit was trouens baie interessant en ʼn belewenis.
Ek verwys na sale en vertrekke in die res van die galery.
Daar waar Oro del Peru se uitstalling was, is ʼn installasie
van ʼn paar jaar gelede wat verval. Ek weet nie of dit strakkies ʼn verlengstuk van Hobbs se “End of Exhibition”-installasie
is nie, en of die deur net toevallig oop was nie en ek ingestap het waar ek nie
moes instap nie.
Dit was net geensins moontlik om entoesiasties te wees oor ʼn
enkele iets nie. Ek dink nie eers as ʼn helikopter ons daar afgelaai het en ons
nie aan Johannesburg se verval uitgelewer was nie, sou ons die besoek kon
geniet nie.
Ons het nie parkeer waar besoekers moet parkeer nie, ons het
liefs aan die ou agterkant waar drie museumwerkers se motors parkeer is,
stilgehou.
En toe moes ons omstap na die nuwe hoofingang. Vuil,
vieslik, verval, smetterig, vullis, rommel, dood.
Van alles wat ek wou sien, wat ek met Klaradyn wou deel, die
Auguste Rodin, Dante Gabriel Rossetti,
Pablo Picasso, Camille Pissarro, Claude Monet, Edgar Degas and Henry Moore, Gerard
Sekoto, Walter Battiss, Alexis Preller, Maud Sumner, Sydney Kumalo, Ezrom Legae
en Pierneef, is net die Rodin, Sekoto en Kumalo tans te besigtig.
En ja, Klaradyn het lank na Lay Fairfax gestaar, maar, nee,
ek het haar nie laat streel nie. Nie dat daar ʼn enkele oom was, wat ons sou
gekeer het nie. Behalwe vir Pappa, Mamma en Klaars het ons net twee ander mense
gesien – die man by die ingang wat gesê het dat die toegangshek stukkend is,
ons moet óm stap, en die vrou in die galery se winkel.
Ek wou nog by die winkel vra of daar steeds eksemplare van Oro
del Peru – Peru se goue rykdom/Peru’s golden treasures beskikbaar is. Maar daar het ons nie eers ingeloer nie.
Laat ek dan nou maar die pale
white male wees wat nie vrede kan maak met die veranderinge in die land
nie. Ek gee nie om nie.
Die besoek was nou maar net een maal só ʼn teleurstelling, ek
verander sommer die onderwerp van Joubert park na Oppenheimer park.
Dit was destyds nie lank nie of daar het niks van oorgebly
nie – die munisipaliteit het darem ʼn bankie gesit waar die beeld eers was.
Al betwyfel ek dit ten sterkste of ek en enige iemand van my
gesit ooit weer die Johannesburg kunsgalery sal besoek, is alles is nié verlore
nie.
No comments:
Post a Comment