Vir die wat nog nie weet nie – ek het Saterdag (gister ʼn week gelede) oupa
geword.
Dwars deur die nag ook, tot Sondag toe nog.
En nee, ek praat nie van ʼn liefdeskind iewers na skool, op universiteit of te wyte aan ʼn sewedagpas op Civviestraat tydens my dienspligjare nie. Geen jarelange klein geheimpie wat 29 jaar later self ma of pa geword het nie; ek praat van myself en Klaradyn – ek het haar oupa geword. Sy my kleinkind.
Of Annieka die ouma geword het, weet ek nie. Is dit wel die geval, dan moet my skoonsus, so vier of vyf jaar jonger as Annieka, ons kind wees. En my swaer haar man.
Of dalk het die saalsuster gereken my swaer is my en sy sussie se kind, sy vrou die ma, en Klaradyn die kind.
Bottomline – ek is die oupa!
Dat die vrou rede had om nie te weet wie presies die kind se ma is nie, is te verstane – ek en Annieka én Erik en Johanett het Klaradyn vergesel, beide pare ewe verskrik en duidelik gespanne.
Maar om mý darem die oupa te maak, en my die oupa te hóú, grens aan die belaglike.
Ek het al gedink om my baard swart te kleur, ek het dit trouens al ernstig oorweeg. Vrou-alleen kon Annieka my nie grys hare gee nie, maar toe Klaradyn die linie versterk en die twee vroue onder een dak ʼn verenigde front vorm, toe is dit neusie verby. Deur net deur die laaste 10 jaar se Kersfeesfoto’s te blaai, kan jy die agteruitgang, wat met die woorde “rasse skrede” uitgebrei kan word, duidelik volg.
Ek dink helaas dis nou ook al te laat. Toe hierdie Oupa Sondag in die motor klim en ek bekyk my witte baard in die truspieëltjie, toe sien ek dis nie meer net my gesig wat grys is nie, my kop ook.
En vir soveel haarkleur, hare kleur en haarkleursel sien ek nie kans nie.
Om van die sout-en-peper-baardjie (baie meer sout as peper) ontslae te raak deur hom af te skeer nie, kan ek ook nie – die baard dien al jare net een doel – om die hangende tuine van Babilon (i.e. die ingerygde ry op ry dubbelkenne) te versteek.
Annieka maak Saterdagoggend, toe sy Klaradyn in haar boetie-hulle se hande laat, die grappie dat sy nie ʼn oproep van die Wilgers-hospitaal wil kry nie. Verwysende, nie vir een oomblik na Klaradyn nie, maar na haar broer. Hy was in geen jare op die skaatsbaan nie en Klaradyn en haar oom en tannie gaan skaats. Hulle gaan nie net skaats nie, hulle gaan fliek ook, ten pin bowling inpas en elke Ripley’s-Believe-it-or-not-uitstalling wat op die oomblik in Pretoria kuier, deeglik bestudeer.
So toe ek Annieka knap na 11:00 bel om te sê Johanet het my gebel om te laat weet hulle is by Wilgers se ongevalle-afdeling, is haar eerste reaksie: “Maar is dit nou regtig, of nie.”
Maar twee minute en agtien sekondes later bel sy my terug: “Dis ernstig, jy moet kom, hulle maak reg vir ʼn noodoperasie.”
Hierdie noodoperasie moes toe uitgestel word tot 16:00 omdat hulle 10:00 ontbyt geëet het en die dokters nie op ʼn vol maag met narkose wil kom nie.
Sussie het wou val, en oom het wou help keer. Tussen die een se “wil val”, en die ander se “help keer”, beland hulle toe al twee plat op die ys – die oudste se regterysskaatslem, na alle waarskynlikheid, in die jongste se regterhand in. Duimpie tot Fielafooi is in takt, maar van arme Piepie-in-die-kooi kan dieselfde nie gesê word nie, trouens nie eens iets soortgelyks nie. Al die pinkie-tendons is morsaf, en onder operasie kom hulle agter die lem is in die een pinkie-vingerbeen ook in.
Baie skrik, baie bloed, baie trane, baie hardloop, baie dra, baie bloed demp later, stap ek ʼn rukkie na Annieka by die oorspronklike drie in ongevalle in.

Wat ek aantref is baie genade.
Sowat ʼn uur later stap ons al vyf die pediatriese saal in gelid in – die een meer besorg en gespanne as die ander.
Die enigste sin wat die suster hieruit kon maak, is dat dit Ouma en Oupa, Mamma, Pappa en dogter/kleinkind is.
En daar word ek toe oupa.
Sondag-agtermiddag toe is ons tuis. Maandag is Vrouedag en ons in die bed (vir die lekker). Dinsdag kry ons ʼn spalk en Woensdag is sussie skool toe.
Ek en Annieka wil nie dat sy gaan nie– dis nie gips nie, dis net ʼn spalk. Die palm van die hand is gestut, die bokant geniet die beskerming van ʼn stukkie lap. Maar sussie is adamant – dis entrepreneursdag en sy wil niks mis nie (selfs nie eens klasse nie).
Ek waarsku haar om asseblief nie tussen ʼn spul kinders in bondels en toue by enige stalletjies vas te val nie – haar hand kan seerkry.
Die hoof bel my deur die loop van die dag, om te laat weet die kind is klopdisselboom, maar hy laat nie na om te laat val nie: “Ek het haar pouse iewers tussen kinders in ʼn losgemaal raakgesien. Maar haar hand was veilig bo haar kop.”
En sy moes dit geniet het. Sy het by die huis gekom met ʼn prys wat sy gewen het. Met pea-shooter skiet, nogal! Bid jou dit aan!
Nou’s dit Donderdag, ek sit by die kunsklasse waar sy les het in die motor vir haar en wag.
Ons is steeds dankbaar vir die goeie hande waarin ons kind was: Erik, Johanett, die mediese span, die verpleegpersoneel en almal wat so ontsettend mooi na ons kind gekyk het.
Dinge kon so anders uitgedraai het. Nie alle ongelukke word so maklik, so deeglik en met soveel liefde en omgee beredder nie.
"'n Ongeluk is nooit 'n aspris nie," het my ma my geleer. Ons leer Klaradyn dieselfde, veral 'n ongeluk soos die. Partykeer las ek by: "As dit 'n aspris was, het ons dit 'n aspris en nie 'n ongeluk nie, genoem."
More is dit kunswedstryd – poppeteater hand van alle dinge. Maar die
hoofkarakter, die wolf, se hand is nou buite aksie én die kwessie. Sy gaan wolf
nou met die linkerhand doen en dan gaan ek maar my pokkelkloue in die varkie en
die verteller-karaktertjie se lappelyfies inwurm ek kyk wat gebeur.
ʼn Wonderlike, hupse oupa, ek, wat nie skrik vir afgaan grond toe op my kleinkind se verhoog nie!
Status update: Sondagoggend. A++ vir poppekas, A++ vir gedramatiseerde poësie (waar ons ook moes improviseer omdat sy nie meer met die houtblokke kon doen wat sy altyd kon nie.)
No comments:
Post a Comment